Reik na die Amerikaanse Droom: Die Vijoen’s se suksesverhaal.

As ‘n toonaangewende verskaffer van EB-5 aanbiedings in die Suid-Afrikaanse mark, het American Dream die afgelope dekade honderde Suid-Afrikaanse gesinne gehelp om na die Verenigde State te immigreer. Ons gee nie net ons beleggers toegang tot die beste EB-5 beleggingsaanbiedings nie, maar ondersteun hulle ook regdeur die hele immigrasieproses. Stuart Ferguson, uitvoerende hoof van American Dream, verduidelik: ‘Ons maak werk van mense se drome en hulle hoop om ‘n beter toekoms. Die verhoudings wat ons met ons kliënte vorm, is die kern van ons besigheid en strek oor baie jare.’

 Oor die afgelope paar maande het American Dream gaan inloer by verskeie van ons beleggers wat hulle suksesvol in die VSA gevestig het. Kyk wat sê Rohan en Jean-Marie Viljoen – wat saam met hul drie jong dogters onlangs na Dallas, TX verhuis het – oor hulle immigrasie ervarings. As dié familie bekend lyk, is dit omdat hulle in die American Dream TV-advertensie verskyn het.


1.     Dit is nie die eerste keer dat American Dream tydens julle immigrasieproses by julle inloer nie… Hoe voel die Viljoens nou oor die skuif na die VSA? 

Dit voel wonderlik. Ons was destyds slegs twee maande in die VSA, so dit was nog vroeë dae vir ons gesin… Ons kan met eerlikheid sê, tot dusver is ons baie gelukkig hier en ons ​​pas baie goed aan.

2.     Immigrasie is tydrowend en die beoordelingsproses van die EB-5 proses kan ‘n paar jaar duur. Hoe lank het dit geduur, van die aansoek tot en met julle in die VSA geland het?

Dit was presies twee jaar vandat ons die immigrasie-petisie by die USCIS belê en ingedien het, totdat ons in die VSA geland het.Ons moet egter wel noem dat ons die proses effens vertraag het, om toe te laat dat ons baba in Suid-Afrika gebore word, aangesien Jean-Marie geboorte wou gee in dieselfde hospitaal en met dieselfde mediese span wat ons voorheen bysgestaan het. Gelukkig is die EB-5 program in daardie sin redelik buigsaam en hulle laat jou toe om ‘n bietjie met die tydlyn te werk.

3.     Ek onthou ek dat die VSA nie julle eerste keuse was nie. Waarheen wou julle eers immigreer en waarom het julle van plan verander? 

Ons immigrasie-poging was eintlik ‘n gesinsinisiatief. Ons wou ons hele gesin, wat uit vyf huishoudings bestaan, verhuis en was op soek na ‘n land en ‘n visumopsie wat dit moontlik sou maak. Aanvanklik het ons Australië oorweeg en baie tyd en geld bestee om ons opsies te ondersoek… ons het oorgegaan daarheen en rondgekyk, maar ons was nie regtig oortuig nie. Behalwe vir die hoë lewenskoste en beperkte sakegeleenthede daar, kon ons net nie ‘n soliede visumopsie vind wat almal sou insluit en gelukkig maak nie. Ongelukkig is nie alle immigrasie-opsies dieselfde nie.Ons het ‘n bietjie moedeloos na Suid-Afrika teruggekeer, maar op pad terug van die lughawe af, hoor ons toe ‘n American Dream advertensie oor die EB-5-program, op die radio. Ons het  dadelik besluit om dit te ondersoek, en soos mense sê, die res is geskiedenis.

4.     Wat het die EB-5-program anders gemaak as die ander beskikbare opsies? 

Ons het nie eers die VSA as ‘n opsie gereken toe ons met ons immigrasiereis begin het nie. Nie omdat ons nie hierheen wou verhuis nie, maar omdat ons gedink het dat dit te moeilik sou wees om in te kom. Ons was eintlik baie verbaas toe ons uitvind dat die EB-5 kriteria so eenvoudig was… As ‘n belegger moet  jy net ‘n ‘goeie status’ hê; dus kan jy nie ‘n geharde misdadiger wees nie, en jy moet ook kan bewys dat die geld wat gebruik is om die belegging te maak, wettig verkry is. Dit het die speelveld vir ons gesin gelyk gemaak, aangesien ons aan die kriteria voldoen het. Daar was geen beperkings op ouderdom, gesondheid, onderwys of werksondervinding nie. Ons hele gesin het in aanmerking gekom en het ‘n baie goeie kans gehad op goedkeuring. En dit is presies wat gebeur het.Die visum het ook vanaf die begin af vir permanente woning voorsiening gemaak. Daar was dus geen kommer oor tussentydse visums of die verlies van tydelike visums nie… soos wanneer die maatskappy wat jy voor werk bankrot raak, of iets dergeliks.  Dit is ‘n reguit pad na burgerskap toe. So, dit het aan al ons familie se vereistes voldoen. EB-5 bring jou na die VSA en dit hou jou in die VSA.

5.     Die enigste hindernis wat toe oorbly vir julle was die hoë beleggingsbedrag, wat in November 2019 tot $ 900 000 gestyg het. Hoe seker voel julle dat julle geld aan die einde van die beleggingsperiode aan julle terugbesorg sal word? 

Die EB-5 program is wel duur, en ek dink alle beleggers vra hulself hierdie vraag voordat hulle teken. Ons is vol vertroue dat alles sal uitwerk soos belowe. Soos jy weet, het ons baie navorsing  gedoen oor American Dream en sy projekaanbiedinge voordat ons belê het. Ons het lank en hard gesoek en kon niks vind wat naastenby vergelyk met American Dream se oplossings en sy toegevoegde waarde-dienste nie.Dit help ook dat American Dream ‘n lang rekord het van beleggers wat ons voorgegaan het… waarmee ons kon praat, en meer uitvind.

 6.    Genoeg oor die proses, hoe gaan dit met julle noudat julle uiteindelik in die VSA is? Ons is baie opgewonde om weer saam met julle te kan kuier.

 Ons is heel duidelik baie lief daarvoor hier en ons is met ope arms verwelkom. Ons het nog nooit sulke vriendelike en vrygewige mense ontmoet soos hierdie Texans nie. Mede Suid-Afrikaners in die omgewing het ons ook geweldig baie gehelp. Dit is belangrik vir mense wat immigreer om uit te reik na ander mense.Almal waarsku jou dat immigrasie baie moeilik is, en daarom het ons geestelik voorberei vir ‘n moeilike tyd. Ons het ook baie navorsing gedoen en geweet waarheen ons wou gaan en wat ons wou doen, voordat ons oorgekom het. Maar ‘n mens kan nie jouself voorberei vir alle gebeurlikhede nie, en ons het nog steeds ‘n paar verrassings gekry, soos ons geleer het hoe die Amerikaanse stelsel werk.

7.     Wat was julle prioriteite toe julle hier aanland?  

Ons prioriteite was om die basiese dinge so gou as moontlik uit te sorteer en om ons kinders op skool te vestig. Ons kon gelukkig voor ons aankoms ‘n blyplek kry en dit het ons baie gehelp, aangesien jy byna vir alles in die VSA, ‘n semi-permanente adres moet hê. Jy sal verbaas wees hoeveel hier deur die posstelsel gedoen word.Toe was ons reg om die huishouding op te stel met meubels en ons het ‘n motor gekoop. Ons het die kinders in die skool gesit en die proses begin om werk te kry. Teen week ses was almal in die skool en almal het werk gehad.  Dit was ‘n riem onder die hart dat alles so gou gebeur het.

8.     En wat het julle die moeilikste gevind van die skuif hierheen? 

Om nie te weet wat of waar nie… Dis ‘n hele nuwe stelsel hier wat jy moet leer ken… dit was eintlik ons grootste uitdaging. In Suid-Afrika het ons ‘n algemene idee gehad van hoe die meeste dinge werk en waarheen om te gaan om dienste en dinge te kry. Hier moes ons van voor af begin en alles weer leer. Sommige veranderinge was vanselfsprekend, soos om aan die ander kant van die pad te ry, met die’Imperial’ meetstelsel te werk en ‘n winterjas in Desember te dra, in plaas van ‘n kortbroek en plakkies.Ander verskille was meer subtiel en klein dingetjies kan baie vinnig oorweldigend raak hier. Dit is ‘n eenvoudige voorbeeld, maar dinge soos watse botter om te koop, het baie tydrowend geword, want jy moes eers uitvind watter winkel verkoop botter en dan het jy soos in 30 opsies botter om van te kies. In Suid-Afrika weet jy om na Woolworths, Pick & Pay of Checkers te ry … en jy koop Butro, Flora of Rama. Laat ons maar net sê dat ons nog steeds nie besluit het of ons ‘n normale bakkie botter, ‘n spuitbottel botter of ‘n sproeibottel botter verkies nie. Sodra ons, op ons voorkeurhouer belsuit het, sal ons op die ‘brand’ fokus. Dis nie maklik nie! 

9.     Het julle enige advies vir die gesinne wat in julle voetspore wil volg? 

Gun jouself die tyd wat jy nodig het. Jy begin oor in die VSA… finansieel, sowel as sosiaal. Ons moes bewustelik die besluit neem om nie ons lewens in die VSA, met ons lewens in Suid-Afrika te vergelyk nie.Moenie aan die begin te hard wees op jouself nie. Stel realistiese doelwitte, maar gee jouself ook die tyd om daardie doelwitte te bereik. Jy hoef nie alles in die eerste week, maand of selfs jaar gedoen te kry nie. Neem jou tyd, geniet waar julle is en weet, alles sal op die ou einde weer in plek val.   

Die EB-5-program word beskou as dié beleggingsvisumopsie vir die VSA, en bied beleggers verblyfsreg vir hulself, sowel as  hul direkte familielede, met hul aankoms in die VSA. Verdere voordele sluit die vermoë tot self-petisie in, wat, anders as die meeste ander visumkategorieë vir die VSA, geen borgskap benodig nie. Die program laat die belegger ook verder toe, om enige plek in die Verenigde State te woon en te werk. Kontak American Dream vandag vir meer inligting.

Share:

More Posts

Send Us A Message