Reik na die Amerikaanse Droom: Die Cronje’s se suksesverhaal

Vir hoë-netto waarde Suid-Afrikaners is die EB-5-visum al vir jare die ‘visum van keuse’ om na die VSA te immigreer. As ‘n beleggings- en besigheidsvisumopsie vir die VSA, verseker dié visum by hul aankoms permanente verblyf vir die aansoekers in die VSA, as deel van ‘n hele lys bykomende voordele wat dié gelukkige individue geniet. Die belangrikste is dat, in teenstelling met die meeste ander visumkategorieë vir die VSA, die EB-5 visum geen borgskap benodig nie. Dit laat die aansoeker verder toe om enige plek in die Verenigde State te woon en die besigheidsgeleentheid van hul keuse, na te jaag.


Sedert 2007 het American Dream al honderde Suid-Afrikaanse gesinne gehelp om EB-5 visums te bekom en vind genot daarin om te hoor hoe al ons beleggers nuwe vlakke van sukses en geluk behaal in hulle nuwe land. Aangesien die visum nie ‘n aansoeker aan ‘n spesifieke pos, of ‘n spesifieke plek bind nie, het baie van ons American Dream kliënte hul EB-5 visums gebruik om ‘n verskeidenheid besigheids geleenthede te ondersoek. Almal het dit met groot sukses reggekry om ‘n dollargebaseerde inkomste te genereer!

Navorsing toon dat wettige immigrante oor die algemeen nie net goed opgelei en hoogs gekwalifiseerd is nie, maar ook unieke vaardighede en ervaring na die VSA bring. Volgens Die Brookings Institute, werk immigrante oor die algemeen, nie net harder as as hul inheemse eweknieë nie, maar hulle is ook geneig om meer van ‘n verskeindenheid van beroepe te beklee en met meer universiteitsgrade te spog. Ondanks die verhuising na ‘n ander land geniet hulle dan, kort voor lank, dieselfde ekonomiese sukses as die plaaslike gemeenskappe.

 Om verdere insig te kry oor die immigrasieproses, het American Dream besluit om in te loer by ‘n paar beleggers wat hul ‘Green Cards’ gekry het en na die VSA verhuis het. Die eerste gesin wat ons besoek het, was Casper en Ansie Cronje, wat onlangs saam met hul twee tienerseuns, Steven en Divan, na Sioux Falls in Suid-Dakota verhuis het. Die Cronje gesin, voorheen van Vereeniging, is een van American Dream se vele suksesverhale. Die gesin het hul EB-5 aansoek in Desember 2017 ingedien en het 10 maande later hul goedkeurings kennisgewing ontvang. Hulle het in Junie 2019 na die VSA verhuis.

Ons het in Februarie 2020 by die Cronje-gesin gaan kuier om meer te hoor oor hul immigrasie ervarings:

 1.     Casper, jy was die direkteur van ‘n suksesvolle ingenieursfirma in Suid-Afrika en het ‘n soortgelyke pos in Suid-Dakota gekry. Ons hoor dat dit nogal ‘n stormagtige ervaring was, aangesien jy slegs drie dae voor jou vertrek na die VSA, in kennis gestel is van die afspraak vir ‘n onderhoud. Vertel ons asseblief meer oor hoe jy werk gekry het en wat jou laat besluit het om dieselfde loopbaan in die VSA na te volg?

 My eerste prioriteit, toe ek in die VSA aangekom het, was om so gou as moontlik dollars te verdien. Ek wou nie verdere kapitaal waag deur in ‘n nuwe onderneming te belê nie, want daar is soveel risiko betrokke vir iemand wat nie vertroud is met ‘n nuwe land se wette en prosesse nie. Dus het ek besluit dat die beste manier om my doel te bereik, sou wees om ‘n werk te soek en my huidige vaardighede te gebruik. Nadat ons die immigrantevisa in ons paspoorte gehad het, het ek begin werk soek en ‘n paar moontlikhede op LinkedIn gevind waarvan ek gehou het. Ek het aanlyn aansoek gedoen en na 3 verskillende onderhoude oor ‘n periode van drie weke, het ek ‘n ongelooflike werksaanbieding van een van die grootste graan silo vervaardigers in die VSA ontvang.

2.     Casper, jy het ook vir my genoem dat jy die eerste Suid-Afrikaner is wat by jou firma aangestel is in die 102 jaar van hul bestaan… Reken jy jou Suid-Afrikaanse ervaring het jou goed te staan gekom?

Ja, ek reken so… Suid-Afrikaners moenie twyfel oor hul ervaring en vaardighede as hulle in die VSA kom werk nie. Ek het baie geleer hier, maar ek voel ook dat die gesofistikeerde ervaring wat ek in dié gebied gehad het, baie waarde aan my nuwe firma toegevoeg het… Ek het ‘n ander perspektief gebring. Dit het baie deure oopgemaak en ek glo dat daar ‘n goeie toekoms vir my hier is.

3.     Suid-Afrikaners doen baie goed in die VSA. Waarom dink jy is dit so? 

Suid-Afrikaners is hardwerkend en met die beperkte geleenthede wat ons in SA het, is ons gewoond daaraan om altyd daardie ekstra bietjie moeite te doen en dit word hier opgemerk. Die enigste probleem wat ek tot dusver gehad het, is om te vroeg te wees vir werk en nie genoeg pouses te neem nie… Ek glo dit sê iets oor Suid-Afrikaners se werksetiek.

4.     Het jy enige raad vir Suid-Afrikaners wat na die VSA wil kom om hul eie Amerikaanse droom te volg? 

Daar is soveel geleenthede in die VSA. Moenie eers twee keer dink nie…

5.     Casper, die EB-5-visum is ‘n gewilde keuse vir visums, maar baie mense huiwer omdat hulle bekommerd is om so ‘n groot bedrag geld te belê. Waarom was die EB-5 ‘n goeie keuse vir julle? 

Immigrasie is stresvol en dit is moeilik om aansoek te doen vir ‘n visum… Maar na die indienning van die aansoek, was dit ‘n betreklike vinnige en maklike proses. Ek weet nie of dit vir almal die geval sal wees nie, maar ons kon totsiens sê vir SA, net 14 maande nadat ons vir die EB-5-program aansoek gedoen het. Ons het ‘n permanente verblyfplek, met werksregte gehad, van die dag  wat ons in die VSA aangekom het, en dit het ons nie net die geleentheid gegee om onmiddellik Amerikaanse dollars te verdien nie, maar ook die gerustheid gegun dat geen verdere visums, en gespook, nodig was nie. Ons volgende mylpaal is burgerskap, vyf jaar van nou af.

6.     Ansie, kan jy ons asseblief vertel hoe dit met die kinders in die VSA gaan? Is jy tevrede met die vordering wat hulle in hul Amerikaanse skole gemaak het? 

Wel, ons het in Julie laasjaar in die VSA aangekom. So, die kinders het al ‘n halwe skooljaar in SA agter hulle gehad, toe die skooljaar in die VSA begin het in Augustus. Steven was halfpad deur Graad 11 en ons was onseker of hy Graad 11 sou moes oordoen of na Graad 12 sou vorder. Toe ons hom inskryf het die skooldistrik sy Engelse vaardigheid getoets om te bepaal of hy Engels kon lees, skryf en praat, en hy dit het hy met vlieënde vaandels geslaag. Weens die verskil in die akademiese jaar moes hy weer Graad 11 begin. Hy was destyds nie te gelukkig daaroor nie, maar dit was regtig die beste ding vir hom. Dit gaan nou goed met hom, hy kry konstant A’s en het tans ‘n ‘GPA’ van 4. Die onderwysers hier is so belê in hul studente en dit was net ‘n fantastiese ervaring.

Divan kon na Graad 8 vorder. Die grootste uitdaging vir hom was dat die skole hier van studente vereis om met rekenaars te werk en hy het nog nie veel blootstelling daaraan gehad het nie. Hy het dit egter binne 2 weke opgetel en tik nou vinniger as ek. Hy het die afgelope kwartaal ‘n ‘GPA’ van 3,6 behaal en al sy punte is bo 90%.

Albei van ons kinders kom van Afrikaanse skole af, en ons dink ​​dat hulle vordering niks minder as fenomenaal was nie. Akademies vorder hulle albei baie beter as voorheen, en hulle het die hele skuif baie goed gehanteer

7.     Het jy enige spesifieke advies vir ander Suid-Afrikaanse ma’s wat hul kinders wil oor bring?

Die ding wat my die meeste bekommer het, was om my Afrikaanse kinders na ‘n Engelse skool toe te stuur. Dit was die laaste ding waaroor ek my moes bekommer. Hulle pas so goed hier aan en maak so vinnig vriende. As ma’s is ons geneig om alles te oordink maar op die ou end werk alles perfek uit. Ons is veilig en ons is baie gelukkig… Dit gaan goed met die kinders hier.

8.     Casper en Ansie, immigrasie is nie maklik nie. Baie mense sê dat dit een van die moeilikste dinge is wat jy kan deurmaak. Stem julle saam en sou julle dit weer doen? 

Die eerste 6 maande is die moeilikste. Glo in jouself en herinner jouself aan die rede waarom jy die skuif gemaak het. Die lewe in die VSA is beter vir die hele gesin. Dit is werklik die moeite werd.American Dream gaan in die nabye toekoms met nog van ons beleggers praat oor hulle immigrasie ervarings. Ons hoop dat dit u sal gerusstel oor u American Dream immigrasiereis na die VSA.

American Dream gaan in die nabye toekoms met nog van ons beleggers praat oor hulle immigrasie ervarings. Ons hoop dat dit u sal gerusstel oor u American Dream immigrasiereis na die VSA.

Share:

More Posts

Send Us A Message