Die VSA EB-5 Permanente Verblyf Visa: Tyd hardloop uit vir Suid-Afrikaanse Beleggers.

Menigte Suid-Afrikaners het die afgelope paar jaar van die EB-5 visa program se relatiewe buigsame vereistes gebruik gemaak om hul gesinne na die VSA te emigreer óf vir hulself ‘n sogenaamde “Plan B” te bewerkstellig.   Diegene wat steeds van díe visa gebruik wil maak, gaan egter spoedig moet optree siende dat streng nuwe maatreëls, wat die minimum beleggingsbedrag aansienlik opstoot, die 21ste November 2019 in werking tree.

Die nuwe reëls, wat op 24 Julie 2019 in die Federale Register gepubliseer is, beoog om die EB-5 program terug te keer na sy oorspronklike kongressionele doelwit, naamlik om direkte buitelandse beleggings en werkskepping in areas met hoë werkloosheid te stimuleer.  Verdere veranderinge sluit in hersiende kriteria vir gerigte werksareas, sowel as die behoud van prioriteitsdatums vir vroeëre EB-5 aansoekers.  Dit is ook daarop gemak om groter deursigtigheid te bewerkstellig en met gevolg, korrupsie en misbruik te bekamp.

Die huidige minimum beleggingsdrumpel van $500 000, wat van toepassing is op beleggings wat in gerigte werksareas gemaak word, word verhoog na $900 000.  Beleggings wat in ‘n nie-gerigte werksarea gemaak word, word verhoog vanaf $1 miljoen verhoog na $1.8 miljoen.  Dit is minder as die aanvanklike verwagte verhoging van onderskeidelik $1.35 miljoen en $ 2.5 miljoen, maar is steeds ‘n aansienlike verhoging wat veral die Suid-Afrikaanse mark met die swak Rand/Dollar wisselkoers, hard slaan. 

Die grasie periode van bietjie meer as drie maande voor veranderings in werking treë is dus ‘n geleentheidsvenster vir Suid-Afrikaners.  Stuart Ferguson, hoof uitvoerende beampte van SA-gebaseerde konsultasiefirma American Dream, maan sy landsgenote, “Ons sien ‘n wêreldwye verhoging in EB-5 applikasies soos mense haas om onder die ou reels aansoek te doen. Dit gaan heel moontlik lei tot ‘n aansienlike agterstand in die prosesering van applikasies, wat huidiglik reeds tot en met twee jaar neem’’.  Hy voeg by, “Beleggers wat te lank wag om aansoek te doen mag moontlik die November sperdatum misloop en sal dan moet aansoek doen onder die nuwe, strenger reȅls. Ons raai belanstellendes aan om so gou as moontlik op te tree”.  

Huidige Vereistes:

Die EB-5 Beleggingsvisa is in 1990 deur die Amerikaanse regering geskep om buitelanders aan te moedig om in nuwe kommersiële entiteite in die VSA te belê en sodoende die Amerikaanse ekonomie en werkskepping te stimuleer.  In ruil, kwalifiseer beleggers en hul direkte gesinne vir permanente verblyf in die VSA en kan hul na etlike jare ook aansoek doen vir burgerskap.

Die nuwe kommersiële entiteit waarin belê word neem meestal die vorm van ‘n eiendomsontwikkeling aan.  Alhoewel beleggers aandeelhouers in die nuwe ontwikkeling word, met aandele relatief tot hul kapitale bydrae, word daar nie van hulle verwag om in dieselfde area as die ontwikkeling te woon of direk daarby betrokke te wees nie.  Afgesien van die vermoë om ‘n belegging van $500 000 te kan maak, word daar verder slegs vereis dat beleggers ‘n skoon krimenle rekord het.  Daar is geen vereistes rondom ouderdom, werksonderving of kwalifikasies nie.

Begin die aansoekproses vandag:

“Die EB-5 visa was nog altyd die maklikste, manier om permanente verblyf of ‘n sekondêre paspoort vir die VSA te bekom,” beklemtoon Ferguson, “Daar is nie tyd om te mors as jy van die geleentheid gebruik wil maak nie. Hoe langer jy wag, hoe groter is die kans dat jy nie die sperdatum gaan haal nie”.

American Dream werk al meer as 15 jaar in Suid-Afrika en het kantore in Johannesburg, Kaapstad en Durban. Elke kantoor bestaan uit ‘n span regs-en-finansiȅlekenners wat beleggers help om hul VSA emigrasiedrome te bewaarheid.

Vul die onderstaande vorm in en begin jou Amerikaanse droom vandag!

Share:

More Posts

Send Us A Message